Firmenlogo

Hybrid Beheerkameroperateur presso AfriForum

AfriForum · Pretoria, Sudafrica · Hybrid

Candidarsi ora

Forum Sekuriteit ('n inisiatief van AfriForum) is op soek na beheerkameroperateurs wat die hantering van noodoproepe en die monitering van kliënte se kamerastelsel op ’n professionele, hoflike en respekvolle wyse kan behartig.

As beheerkameroperateur sal jy verantwoordelik wees om kritiese inligting van kliënte wat in nood verkeer vinnig te ontleed, sin van die situasies te maak en die nodige telefoniese hulp te bied. Daar word ook van beheerkameroperateurs verwag om sekuriteitswagpatrollies, CCTV-kamerastelsel, radiokommunikasie en die beantwoording van telefone te moniteer.

Om dít te kan doen, moet jy beskik oor uitstekende luister- en kommunikasievaardighede, ’n hoë mate van professionaliteit en dringendheid, asook die vermoë om kalm in elke situasie te kan optree.

Jy benodig ook die nodige ervaring om die SAPD, ambulansdienste, die brandweer en so meer met die nodige dringendheid te ontbied om noodgevalle doeltreffend te kan hanteer.

Ons is op soek na mense met PSiRA-C-gradering, beheerkamerondervinding en uitstekende rekenaarvaardighede.

Suksesvolle kandidate sal in skofte in die Forum Sekuriteit-beheerkamer in Centurion werk en alle nodige inligting op die rekenaargesteunde stelsel inlees.

Daar sal ook van beheerkameroperateurs verwag word om die tipe voorval te identifiseer, ’n akkurate beskrywing van mense, voertuie, plekke, en dies meer te kry, asook die teenwoordigheid van enige bedreigings uit te wys.

Moontlike noodgevalle mag insluit: ontvoering of gyselaarsituasies; hoëspoedjaagtogte; botsings met gepaardgaande noodlottige beserings; huishoudelike geweld; moord of aanranding met dodelike wapens; rooftogte, en so meer.

Suksesvolle kandidate moet ook die vermoë hê om bewus te wees van, en beheer en uitdrukking te gee, aan eie emosies, en om oproepe regverdig en met empatie te hanteer.

Spesifieke vaardighede wat ons benodig, is uitstekende stemgehalte, hoflikheid, beleefdheid, professionaliteit, kalmte en geduld.

Indien jy aan die vereistes van dié pos voldoen, bereid is om in skofte te werk en roepingsgedrewe is om kliënte te ondersteun wat in nood verkeer, moedig ons jou aan om vir dié pos aansoek te doen.

Candidarsi ora

Altri lavori